Amé Spangenberg is sommer baie trots op haar pragtige prestasie!
So trippel, trippel op haar toontjies het Amé Spangenberg, ‘n gr. R-leerder van Laerskool Stulting, haarself ‘n sertifikaat losgedans. Hierdie kleine gogga het ‘n eksamen vir vlak 1 van internasionale ballet afgelê en puik gevaar! Ons is geweldig trots op haar! Baie geluk!