Cilliers Botha en Luan du Preez lyk sommer baie spoggerig met daardie klomp medaljes en Shaquille Jacobs is sommer baie trots op sy puik prestasies!
Cilliers Botha en Luan du Preez, gr. RR maatjies van Laerskool Stulting in Humansdorp, het onlangs in Uitenhage by die EP Classic (Iska / NMA) aan verskeie items deelgeneem en uitstekende resultate behaal. Maar wag… hierdie 2 maatjies is nie die enigste leerders van Stulting wat so goed tydens hierdie byeenkoms gevaar het nie!
Shaquille Jacobs, ‘n gr. 2 leerder, het ook ‘n paar medaljes vir homself los geskop.
So ook Kayla Marais, Amy Jacobs en Shayron Jacobs.
Resultate van die onderskeie leerders is soos volg:
Cilliers Botha en Luan du Preez lyk sommer baie spoggerig met daardie klomp medaljes en
Cilliers Botha behaal die volgende prestasies:
- Grappling – silwer
- MMA light – brons
- Power breaking – goud (EP Classic se kampioen in hierdie afdeling)
- High kick – goud (EP Classic se kampioen ook in hierdie afdeling)
Hierdie knaap het tans ‘n rooi belt en gaan einde September in Stellenbosch om sy OP-klere meëding.
Luan du Preez neem aan 7 items deel en behaal die volgende prestasies:
- Points fighting – brons
- Continuous fighting – brons
- Grappling – silwer
- MMA light – silwer
- Power breaking – silwer
- High kick – silwer
- X-treme kicking – silwer
Shaquille Jacobs behaal die volgende prestasies:
- Point fighting – silwer
- Continuous fighting – silwer
- Grappling – goud
- Power breaking – silwer
Kayla Marais behaal die volgende prestasies:
- Grappling – brons
- MMA light – goud
Amy Jacobs behaal die volgende prestasies:
- Grappling – goud
- Boxing – goud
- Power breaking – goud
- High kick – goud
Shayron Jacobs neem deel aan 5 items en behaal die volgende prestasies:
- High kick – goud
- Boxing – silwer
- Continuous fighting – silwer
- Power breaking – brons
- Grappling – brons