Laerskool Stulting, van Humansdorp, se Gr.4’s het verlede week so bietjie terug gegaan in tyd.
So tussen die leerdery deur vir die eksamen, is daar ook tyd ingeruim vir ‘n uitsappie. Die leerders het Humansdorp se museum besoek as deel van hul SW-leerplan: Plaaslike geskiedenis.
Tannie Mart-Mari het hulle toegespreek en interessante inligting oor die dorp se geskiedenis met die leerders gedeel.
Die leerders het baie geleer en die uitstappie behoorlik geniet!
Foto’s: Stulting se Gr.4-leerders se besoek aan Humansdorp se museum.