Die afgelope naweek is die laaste rondte van die Luiperds-liga vir mediumskole afgehandel.
Hoërskool Vryburg het Bergsig Akademie, van Rustenburg, op sy tuisvelde aangepak. Die spanne het mekaar goed opgedreun.
VHS wen drie van die 5 wedstryde en verloor die ander twee naelskraap met 1 en 2 punte onderskeidelik. Die 2de sowel as die o/15-rugbyspanne van Vryburg het al hul wedstryde in die liga gewen.
Vir die o/15-span was Saterdag se wedstryd, tesame met 2018 se seisoen, die 28ste oorwinning in ’n ry!
Volgende kwartaal sal die uitspeelwedstryde teen die ander streke vir die Virsekertrofee begin. VHS se 1ste, 2de en o/15-spanne is Luiperdwenners en die o/14’s gaan deur as naaswenners.
RUGBY VHS vs BERGSIG
1stes VHS verloor 20-19
2des VHS wen 13-8
o/16 VHS verloor 19-17
o/15 VHS wen 33-21
o/14 VHS wen 40-26
Foto bo: VHS 1stes Leonard Grobbelaar
Foto deur Melani van der Merwe