Laerskool Stulting se jongspan het die naweek so bietjie pret gehad tydens Laerskool Gamtoosvallei se Bulletjie en Blommetjiedag.
‘n Paar van die uitslae is soos volg:
• o/6 Netbalspan speel 1 wedstryd gelykop, maar verloor die 2de wedstryd.
• o/7 Netbalspan wen 2 wedstryde, speel 1 gelykop en verloor ongelukkig 1.
• o/8 A Netbalspan wen 2-0 teen Laerskool Sondagsrivier, maar verloor 1-2 teen Paul Sauer van Kareedouw.
• o/8 B Netbalspan wen 4-1 teen Paul Sauer, asook 7-0 teen Jeffreysbaai.
• o/6 Rugbyspan speel 2 wedstryde, verloor 1 en speel 1 gelykop.
• o/7 Rugbyspan verloor ongelukkig al 3 wedstryde net-net.
Wen of verloor, die maatjies het heerlik netbal en rugby gespeel tydens hierdie geleentheid!
Foto bo: Laerskool Stulting se Bulletjie-rugbyspan is gereed vir aksie!