Elke jaar leen Oom Bull van Rensburg sy melkstal vir die DeLaval-manne om Laerskool Stulting se gr.1’s te wys waar ons lekker gegeurde melkies en heerlike roomyse vandaan kom. En hierdie jaar was beslis geen uitsondering nie.
Baie dankie Oom Eugene en Oom FJ wat met soveel geduld en liefde ons kinders ontvang het. Die gr. 1’s het ‘n heerlike uitstappie gehad en ongelooflik baie geleer! Wat is dan nou lekkerder as om ‘n skooldag met vars onggend-geure op ‘n plaas te begin?!
Foto: Gr.1’s tydens hul uitstappie by Die Glen.