DF Malan is baie trots om die tweede uitgawe van hul aanlyn tydskrif aan te kondig. Hierdie tydskrif is leerder-gedrewe en onder leiding van Mev Marisa van der Merwe. “Blauw is ‘n kreatiewe uitlaatklep vir DF se jong volwassenes.
Hier eksperimenteer skrywers, fotograwe en grafiese ontwerpers saam.
Ons gesels oor mode, tegnologie, mense, kuns en Bla Bla BLAUW!”