Die volgende landloop atlete van Laerskool Postmasburg, het verlede naweek aan die AGW Kampioenskap by Seodin deelgeneem: Carla Ruffini, Danika Rossouw, Ralph van Rensburg, Albert Oberholster, Adriaan Ja-cobs, Jandré Radyn en Gildo Masum.
Die altlete het spoggerige tye gehardloop. Carla Ruffini en Adriaan Jacobs was 1ste in hul onderskeie onderdomsgroepe en Gildo Masum was 3de in sy ouderdomsgroep.
Met tye van ter perse gaan, is die atlete wat gekies is vir die span nog nie bekend gemaak nie.
(FOTO BO LINKS:) Carla Ruffini was 1ste in haar ouderdomsgroep.
(FOTO BO REGS:) Adriaan Jacobs was 1ste in sy onderdomsgroep.