By Laerskool Postmasburg word Eisteddfod elke jaar net meer gewild onder die leerders.
Hoe dan anders met Juf. Leonette van Heerden en Tannie Martie Thiart se toewyding en passie.
Verlede week het leerders die geleentheid gehad om deel te neem aan ’n Nasionale Eiseddfod-kompetisie by Curro Kathu.
Hierdie week was die Noord-Kaap Kunstefees in Kimberley weer op die agenda. Vanjaar het al die deelnemers goud ontvang by die Noord-Kaap Kunstefees.
Sowaar ’n merkwaardige prestasie!
(FOTO 1:) Hierdie Gr 1 tot 3 leerders van Laerskool Postmasburg het in Kimberley deelgeneem aan die Noord-Kaap Kunstefees.
(FOTO 2:) Hierdie Gr 4 tot 7 leerders van Laerskool Postmasburg het in Kimberley deelgeneem aan die Noord-Kaap Kunstefees. (Foto’s: verskaf)