)

Laerskool Postmasburg 7’s Rugby

Verlede naweek het Laerskool Postmasburg deelgeneem aan die Jaru 7’s Rugbytoernooi vir o/13’s in Brits.

Daar is sewe wedstryde gespeel en dit het goed gegaan totdat Possies in die finaal, oftewel “bowl” verloor het. “Ons seuns se gedrag op die veld asook van die veld was sowaar iets om op trots te wees,” vertel Mnr. Wikus Pretorius, afrigter van die span.

“Hulle het nie net goed gelyk nie, maar hul gedrag was ook ’n voorbeeld vir die ander skole”. Skole van Natal, Noord-wes en Gauteng het ook aan die toernooi deelgeneem. Laerskool Postmasburg was egter die enigste skool van die Noord-Kaap wat deelgeneem het.

Die skool bedank almal wat ’n bydrae gemaak het om deelname aan hierdie toernooi vir die spelers moontlik te maak.

Al die borge sal op’n formele wyse later bedank word.

Foto bo: Laerskool Postmasburg het weer vanjaar deelgeneem aan die Jaru 7’s Rugbytoernooi vir o/13’s. (Foto’s: verskaf)

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal