Verlede naweek het Laerskool Postmasburg deelgeneem aan die Jaru 7’s Rugbytoernooi vir o/13’s in Brits.
Daar is sewe wedstryde gespeel en dit het goed gegaan totdat Possies in die finaal, oftewel “bowl” verloor het. “Ons seuns se gedrag op die veld asook van die veld was sowaar iets om op trots te wees,” vertel Mnr. Wikus Pretorius, afrigter van die span.
“Hulle het nie net goed gelyk nie, maar hul gedrag was ook ’n voorbeeld vir die ander skole”. Skole van Natal, Noord-wes en Gauteng het ook aan die toernooi deelgeneem. Laerskool Postmasburg was egter die enigste skool van die Noord-Kaap wat deelgeneem het.
Die skool bedank almal wat ’n bydrae gemaak het om deelname aan hierdie toernooi vir die spelers moontlik te maak.
Al die borge sal op’n formele wyse later bedank word.
Foto bo: Laerskool Postmasburg het weer vanjaar deelgeneem aan die Jaru 7’s Rugbytoernooi vir o/13’s. (Foto’s: verskaf)