Na die afloop van die aanlyn uitdun rondes, het Laerskool Park van Mosselbaai se Astro Quiz-span deurgedring na die Wes-Kaap semi-finaal in die Kaap. Tydens hierdie deelname het hierdie Park-span 28/30 behaal en na die finale deurgedring. Tydens die finale ronde het hulle ‘n baie goeie punt van 29/30 behaal en is as Wes-Kaap wenners aangekondig. Park se Astro Quiz span gaan nou nasionaal deelneem in Johannesburg einde Augustus. Baie geluk en dankie aan mnr Wikus Smit en Dr André Leonard wat gehelp het met ure se voorbereiding. Harde werk word beloon. Baie geluk!
(Foto Astro Quiz)
Op die foto vlnr: Dr André Leonard, Wilandri Crafford, Mishke Joubert, John-Matt le Roux, Jana du Pisanie, Mnr Wikus Smit