André van der Westhuizen (graad 6) van Laerskool Hugenote in Wellington, het Saterdag, 2 Junie 2 aan die Wes-Kaapse Karate Kampioenskappe by De Kuilen Hoërskool in Kuilsrivier deelgeneem. Hy het ‘n 2de plek behaal en hy is gekies om aan die SA Karate Kampioenskappe wat op 25 Augustus in Kuilsrivier gehou word, deel te neem.