Vlnr.: Phoebe Janse van Rensburg (hoofdogter), Delarey Steyn, Minette van Zyl en Luka Otto (hoofseun)
Laerskool Park, Mosselbaai, het op Dinsdag, 14 Januarie, hul prefekte vir 2020 ingehuldig tydens ‘n spoggeleentheid in die skoolsaal.
Delarey Steyn en Minette van Zyl, hoofseun en –dogter van Hoërskool Punt vir 2020, wat oudleerders van Laerskool Park is, het ook die geleentheid bygewoon en ‘n bemoedigende boodskap vir Park se nuwe leiers gegee. Elke leerder het die erekode van Laerskool Park se leerlingraad onderteken en hul formele baadjies en lapelwapens ontvang.
Laerskool Park is baie trots op hierdie groep leiers.