Chanel Malan, Gr.7 leerder van Laerskool Muldersdrif, het die afgelope twee naweke aan die finale CGA Gauteng Level 3 Gala by Ellis Park deelgeneem.
Sy het aan die volgende 6 items deelgeneem:
50m Rugslag – 1ste, 50m Vlinderslag – 1ste, 100m Vryslag – 2de, 100m Rugslag – 3de, 50m Borsslag – 4de en 50m Vryslag – 5de.
Chanel kwalifiseer nou vir die SA Level 3 age group kampioenskappe wat gedurende Maart 2019 sal plaasvind.
Baie geluk, Chanel, die mullies is trots op jou!