Vyf Tokkies het aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap in die Paarl gaan deelneem. Elrie Koornhof (links) en Marizel Meintjies (regs) het hulle staal en deursettingsvermoë in die 1500m Stap gewys. Elrie is die SA-kampioen en Marizel spog met ‘n bronsmedalje. Jamoré Olivier (middel) het in die D o/11-gewigstoot item ‘n silwer medalje verower.