Laerskool Mooirivier, Potchefstroom, se o/11A-krieketspan het gedurende die Julievakansie aan die Super 12-kompetisie deelgeneem en algeheel vyfde geëindig. Daar is egter indiwiduele uitblinkers.
Righardt Joubert, ‘n kolwer van formaat, spog met twee honderdtalle. In die wedstryde teen Elarduspark en Vastrap het hy meer as 100 lopies geslaan.
Vihan Pretorius het in die span se wedstryd teen Elarduspark 9 opponente uitgeboul.
Schalk Coetzee behaal ‘n besondere prestasie met sy 4-kuns. Hy boul vier spelers van Laerskool Wierdapark in vier opeenvolgende balle uit.
Foto: Vlnr: Righardt Joubert, Vihan Pretorius en Schalk Coetzee