Laerskool Mooirivier se o/13A-krieketspan het baie lof verdien vir die doelgerigte wyse waarop hulle die Super 12-kompetisie en die Noordwes-liga vir groot skole gewen het. Hulle het dan ook die geleentheid gehad om op die Senwespark Krieketstadion in die finaal te speel.
Voor vlnr: Carsten Conradie, Damian Charslund, Francois Blom, Franco van Dyk, Ruben Beukman en Wian Landman.
Agter vlnr: Ruan Lotz, Jadrik Lamprecht, Jacques Schutte, Richter van der Merwe, Marko Werkman en Edwin Warren (afrigter)