)

Liggie Kersdoof seremonie

Dit was op Dinsdagoggend, 9 Oktober, ‘n emosionele saalopening vir die Liggie-matrikulante toe hulle vir die laaste eerste dag en laaste Ligbron saal opening bygewoon het. Die laaste saal opening vir die matrikulante staan bekend as die Kersdoof Seremonie.

By Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het ons die besondere tradisie om elke Graad 8-leerling se liggie ná afloop van die Groentjieskonsert aan te steek, om hulle as ware Liggies te herken. Aan die einde van elke leerder se Graad 12 jaar, word hulle liggies weer gedoof en word hulle met die lig van die lewe die buite wêreld ingestuur. Die 2018 Graad 12-groep was op ‘n gepaste Liggie-wyse gegroet. Vir sommige leerders was dit ‘n emosionele verrigting met trane wat vrylik gevloei het.

Die hoofseun en hoofdogter, Francois Greyvensteyn en Mandisa Motha het weer elkeen ‘n kers aangesteek voordat hulle die saal verlaat het, wat simboliseer dat elke Graad 12 nou die lig verder sal uitdra. Ligbron wens elkeen van hierdie leerders alle geseëndheid toe vir hulle toekoms wat voorlê, asook baie sterkte vir die eindeksamen wat eersdaags begin.

Foto links: Die twee Ligbron Hoofleiers, Francois Greyvensteyn en Mandisa Motha.

 

 

 

 

 

 

Foto heel bo: Hier staan die hoofbestuur (v.l.n.r.): Mandisa Motha (Hoofdogter), Annika Jacobsz (onderhoof dogter), Njabulo Mahlobo (onderhoof seun) en Francois Greyvensteyn (hoofseun) terwyl mnr. Dup van Rensburg (skoolhoof) die kerse uitdoof

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal