Een van Hoërskool Monument in Krugersdorp se bergfietsryers, Keagan Bontekoning, het tydens ‘n glansgeleentheid by Cycle Lab, Lynnwood, sy Dreamteam klere as lid van die Gauteng Junior seunsspan ontvang. Dié span het op 5 en 6 Oktober, tydens die Nasionale Kampioenskappe te Hoërskool Bekker, deelgeneem.
Tydens dieselfde geleentheid is Monnas se bergfietsspan as die algehele wenners van die B-Groep tydens die Spur MTB reeks aangewys. Monnas se hoof van fietsry, Me Tania Kelfkens sê haar ryers doen altyd beter as wat hulle dink hulle gaan doen. Sy voeg by dat sy vreeslik trots is op haar span en dat hulle net moet aanhou doen wat hulle doen.
Foto: Keagan Bontekoning en Sarah Hall ontvang die trofee namens Monnas se
bergfietsspan