Ruhan Joubert, ‘n gr. 7-leerling van Laerskool Mooirivier, Potchefstroom, is gekies vir die Suid-Afrikaanse o/13A-hengelspan. Die span gaan gedurende die September-vakansie by Bloemhofdam deelneem.
Hy is ook gekies vir die Sentraal Noordwes Varswater Oewerhengel Vereniging se o/19B-hengelspan. Dié span gaan in Desember aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deelneem.
Baie geluk, Ruan!