Alouise Campher en Pelser Maloney van Hoƫrskool Outeniqua in George, het die afgelope naweek aan die eindronde van die Ekonomie opstelkompetisie by Nedbank CIB se hoofkantoor in die Waterfront deelgeneem.
Deelnemers moes elkeen ān breedvoerige aanbieding doen oor die konsep van radikale ekonomiese transformasie.
Die aanbieding het plaasgevind voor ān paneel van twee Nedbank-ekonome, ān verteenwoordiger van die Wes – Kaapse onderwysdepartement asook ān verteenwoordiger van die provinsiale tesourie. Daarna is hul onderwerp aan ān vraag ā en – antwoordsessie (in Engels) deur die uitgelese paneel.
Daar was 26 finaliste, wat skole soos Hoƫrskool DF Malan, Paul Roos Gimnasium, Hoƫr Jongenskool Paarl en Bloemhof Meisieskool ingesluit het.
Vyftien leerders het studiebeurse ontvangs – Pelser en Alouise was deel van die uitverkore groep.
Alouise is ook aangewys as die tweede-beste deelnemer in die strawwe kompetisie, wat vir haar ān ekstra R8 000-00 in die sak bring – ān uitstaande prestasie !
Hierdie beurse beteken dat beide leerders se studiegelde vir die volgende drie jaar ten volle betaal gaan word aan ān universiteit van hul keuse.
Baie geluk Kwaggas, ons is baie trots op julle!