Twee leerders van Hoƫrskool Cradock, Elize-Mari Gerber en Pieter-Ben Smit het verlede week deelgeneem aan die kykNET Nasionale Toneelspel Kompetisie.
Hierdie kompetisie word jaarliks aangebied om hoƫrskoolleerders die geleentheid te gee om hul talente op die verhoog ten toon te stel. Altesaam 525 deelnemers van regoor die land het in Kaapstad saamgekom om sake uit te spook in die verskeie rondes van die kompetisie, wat onder andere televisie-oudisies op die stel van die gewilde sepie Suidooster asook radio-oudisies in die Moederstad ingesluit het.
Beide leerders lewer puik vertoning in die voordrag van hul poĆ«sie en prosa en Elize-Mari Gerber word ingesluit in die Top 16 deelnemers,- ān pragtige prestasie.
CHS is bevoorreg om ān dinamiese drama-departement te hĆŖ, met leerders wat jaar na jaar puik presteer op nasionale vlak. Baie geluk ook aan hierdie twee leerders wat groot moed geopenbaar het om hul drome na te jaag!