)

KWAGGAS PRESTEER BY KYKNET KOMPETISIE

Twee leerders van Hoërskool Cradock, Elize-Mari Gerber en Pieter-Ben Smit het verlede week deelgeneem aan die kykNET Nasionale Toneelspel Kompetisie.

Hierdie kompetisie word jaarliks aangebied om hoërskoolleerders die geleentheid te gee om hul talente op die verhoog ten toon te stel. Altesaam 525 deelnemers van regoor die land het in Kaapstad saamgekom om sake uit te spook in die verskeie rondes van die kompetisie, wat onder andere televisie-oudisies op die stel van die gewilde sepie Suidooster asook radio-oudisies in die Moederstad ingesluit het.

Beide leerders lewer puik vertoning in die voordrag van hul poësie en prosa en Elize-Mari Gerber word ingesluit in die Top 16 deelnemers,- ‘n pragtige prestasie.

CHS is bevoorreg om ‘n dinamiese drama-departement te hê, met leerders wat jaar na jaar puik presteer op nasionale vlak. Baie geluk ook aan hierdie twee leerders wat groot moed geopenbaar het om hul drome na te jaag!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal