)

Kwagga Borge Ontbyt

Die skoolhoof van Hoërskool Outeniqua in George, mnr Christo Vorster, het op het op 13 Maart die voorreg gehad om die 2018 en 2019 lojale borge van die skool vir ‘n keurige ontbyt na die Kwagga Cuisine te nooi.

Tydens die geselligheid, het Heinie de Jager van Moore Stephens MO Ing, namens die hoofborg van die 2019 Kwagga Ontbyt, die gaste toegespreek.

De Jager is ‘n geoktrieërde rekenmeester en ‘n direkteur van die firma.
Die seremoniemeester en adjunkhoof, Mnr Chris Hattingh, het ook na de Jager as ‘n trotse oud-Kwagga en hoofseun van 1994 verwys.

Mnr Vorster het namens Hoërskool Outeniqua en die Kwagga Trust, sy opregte dankbaarheid vir die lojale en volgehoue ondersteuning van plaaslike en nasionale borge aan die Kwaggas betuig.

Hy het ook genoem dat borgskappe nie net die leerders help ontwikkel nie, maar ook die personeel help met hul ontwikkelingstaak.

Sowat 122 borge is na die geleentheid uitgenooi. Hulle is vergesel deur lede van die Beheerliggaam, Trustees van die Kwagga Trust en personeel van Hoërskool Outeniqua.

Foto bo: Heinie de Jager van Moore Stephens MO Ing

Kwagga Borge Ontbyt Groepfoto 2019
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal