Die skoolhoof van Hoërskool Outeniqua in George, mnr Christo Vorster, het op het op 13 Maart die voorreg gehad om die 2018 en 2019 lojale borge van die skool vir ‘n keurige ontbyt na die Kwagga Cuisine te nooi.
Tydens die geselligheid, het Heinie de Jager van Moore Stephens MO Ing, namens die hoofborg van die 2019 Kwagga Ontbyt, die gaste toegespreek.
De Jager is ‘n geoktrieërde rekenmeester en ‘n direkteur van die firma.
Die seremoniemeester en adjunkhoof, Mnr Chris Hattingh, het ook na de Jager as ‘n trotse oud-Kwagga en hoofseun van 1994 verwys.
Mnr Vorster het namens Hoërskool Outeniqua en die Kwagga Trust, sy opregte dankbaarheid vir die lojale en volgehoue ondersteuning van plaaslike en nasionale borge aan die Kwaggas betuig.
Hy het ook genoem dat borgskappe nie net die leerders help ontwikkel nie, maar ook die personeel help met hul ontwikkelingstaak.
Sowat 122 borge is na die geleentheid uitgenooi. Hulle is vergesel deur lede van die Beheerliggaam, Trustees van die Kwagga Trust en personeel van Hoërskool Outeniqua.
Foto bo: Heinie de Jager van Moore Stephens MO Ing