Hoërskool DF Malan is trots op Jason Coetzee, en hulle vertel graag hoekom. Mnr. Johan Pepler, Jason se graadvoog,
het die onderstaande berig geskryf om seker te maak dat Jason die verdiende erkenning vir sy prestasies kry:
Wêreldpodiums wink vir Jason
Jason Coetzee, ‘n gr.11-leerder aan die Hoërskool DF Malan, is besig om skitterprestasies op die renbaan in te ryg.
In Desember 2018 verwerf hy senior SA-kleure vir die “karting” in die senior Max-klas. In Genk, België, eindig hy vierde
in die internasionale BNL Golden Trophy.
Vanjaar ding Jason in die DD2-klas mee. Sy groot doelwit is om later vanjaar aan die Rotax Wêreld Finale in Italië deel te neem.
Op hierdie stadium is hy baie gunstig geplaas om te kwalifiseer na ‘n reeks puik prestasies vanjaar.
Die Afrika Ope in Augustus bied ook aan hom die geleentheid om vir dié Finale te kwalifiseer.
Jason moet op sy jong ouderdom teen gesoute en bekroonde kampioene deelneem. Fiksheid en goeie voorbereiding is dus vir hom deurslaggewend.
Onthou gerus die naam: Jason………. – Jason Coetzee!