)

Hoërskool DF Malan leerder presteer op die renbaan

Hoërskool DF Malan is trots op Jason Coetzee, en hulle vertel graag hoekom. Mnr. Johan Pepler, Jason se graadvoog,
het die onderstaande berig geskryf om seker te maak dat Jason die verdiende erkenning vir sy prestasies kry:

Wêreldpodiums wink vir Jason

Jason Coetzee, ‘n gr.11-leerder aan die Hoërskool DF Malan, is besig om skitterprestasies op die renbaan in te ryg.

In Desember 2018 verwerf hy senior SA-kleure vir die “karting” in die senior Max-klas. In Genk, België, eindig hy vierde
in die internasionale BNL Golden Trophy.

Vanjaar ding Jason in die DD2-klas mee. Sy groot doelwit is om later vanjaar aan die Rotax Wêreld Finale in Italië deel te neem.

Op hierdie stadium is hy baie gunstig geplaas om te kwalifiseer na ‘n reeks puik prestasies vanjaar.

Die Afrika Ope in Augustus bied ook aan hom die geleentheid om vir dié Finale te kwalifiseer.

Jason moet op sy jong ouderdom teen gesoute en bekroonde kampioene deelneem. Fiksheid en goeie voorbereiding is dus vir hom deurslaggewend.

Onthou gerus die naam: Jason………. – Jason Coetzee!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal