Die Graad 12-Gasvryheidleerders van Worcester Gimnasium het die ongelooflike voorreg gehad om by Opstal ‘n High Tea te kon beleef.
Die bekende Sjef PJ van Opstal het hulle bederf met die beste en mooiste geregte.
Dankie PJ, Opstalpersoneel en mev. Petra Roux vir die geleentheid wat julle vir ons leerders gereël het.
Dit is weer ‘n bewys van die uniekheid van Worcester Gimnasium en wat ons leerders gebied word.