)

Kunsmisproewe – EHS Oesbepalings vir maksimum wins

Kunsmisproewe. Hoërskool Ermelo se graad 11-Landbouleerders van 2022 is betrokke by kunsmisproewe. Die doel is om optimale produksie vir maksimale wins te bewerkstellig.

“In Suid-Afrika is daar tans R190 miljard skuld in landbou. Daarvan is sowat 60% graanboere s’n. Gegewe die volhoubaarheid van voedselproduksie is dit krities belangrik dat elke kommoditeit gaan kyk na winsgewendheid – nie na maksimum opbrengs nie, maar maksimum wins.

Met dié waardestelling ingedagte het TLU SA se Adviesdiens met gronddeskundige dr. Gawie du Toit aan die spits in samewerking met Hoërskool Ermelo se Landbou-akademie kunsmisproewe gedoen en onlangs ’n oesskatting gedoen.” (tlu.co.za)

Praktiese ervaring word deur die landbouleerders van Hoërskool Ermelo opgedoen en van die praktiese aktiwiteite word geassesseer vir punte. Daar is veertien persele met verskillende NPK-behandelings.

Oesproses

 Die oesproses wat vir die proef-oes gevolg is, is as volg:

  • Daar is 11m van elke perseel met die hand geoes.
  • Die geoeste koppe is ontblaar en getel.
  • Sakke met skoon koppe is geweeg en die massa is neergeskryf.
  • Die koppe is “gedors”: Die pitte is met die hand afgemaak.
  • Daarna is die pitte geweeg en die moontlike opbrengs van kg/ha en ton/ha bepaal.
  • Die vog van elke perseel is by die graansilo bepaal en die finale berekening van opbrengs is op ’n 12.5% vogbasis gedoen, wat die standaard vogbasis vir mielies is.

Die Erries was bevoorreg om die hoofbestuurder van TLU SA, Mnr Bennie van Zyl en ander bestuurslede van TLU betrokke te hê om die leerders leiding te gee.

“Dit is maksimum wins wat die stabiliteit gee vir volhoubaarheid. Dit gaan nie daaroor om maksimum kunsmis te gee nie” het mnr. Bennie van Zyl, TLU SA se Hoofbestuurder, gesê. Mnr. Van Zyl het bygevoeg: “Dit is belangrik om die leerders betrokke te hê en die oes sal eers werklik reg wees met die skoolvakansie. Na afloop van die ware stroop, sal die syfers bekend gemaak word. So sal boere kan sien wat is die beste benadering wat kunsmistoediening betref om maksimum wins te bereik.”

Hoërskool Ermelo bedank mnr. Gerrie Jansen van Rensburg vir die grond wat hy beskikbaar stel aan EHS en TLU om die proewe te kan doen.

Die Erries se leerders is opgewonde om die finale oesbepalings te doen en die syfers te vergelyk.

Vlnr: Mnr Pieter Grobler (EHS Hoof), mnr. Gerrie Jansen van Rensburg (BL-voorsitter), mnr. Bennie van Zyl (Hoofbestuur, TLU), die graad 11-groep EHS-Landbouleerders,
mnr. Wannie Scribantie, dr. Gawie du Toit en mnr. Jannie Roux (almal deel van TLU-bestuur)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal