EHS-Seunshokkie. Op 1 Junie het ‘n groot liga-kragmeting plaasgevind tussen EHS-Seunshokkie en Ligbron Akademie van Tegnologie se seunshokkie op EHS se Astro.
Die o/16-span het ongelooflike Errie-guts getoon en bewys dat klein botteltjies ook groot gif kan bevat. Na ‘n uur se spanning, spanwerk en deursettingsvermoë het die telbord 2 – 2 gewys. EHS is bitter trots op hierdie span! Die speler van die wedstryd vir dié span was Zack Fourie.
EHS se eerstespan het met elke wedstryd tydens die seisoen net van krag tot krag gegaan. Die wedstryd was aanskoulik en opwindend! Carel Jacobsz en CJ van Huyssteen het EHS se doele aangeteken. Ongelukkig verloor EHS 2 – 4. Die Erries is egter baie trots op die EHS se gedrag op- en van die baan af! Die eerstespan se spelers van die wedstryd is Edrich Beyer en Rynard Herholdt.
Baie geluk aan die seuns en sterkte met die res van die seisoen.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf