)

KOVSIE Smash Kriekettoernooi – Hoërskool Goudveld

KOVSIE Smash Kriekettoernooi. Ruhan Dreyer het vanaf 6 tot 10 Januarie Hoërskool Goudveld se 1ste krieketspan verteenwoordig by die Kovsie Smash Kriekettoernooi in Bloemfontein.

Hy het uistekende boulwerk gedoen en het gedurende die week 10 paaltjies laat kantel. Ruhan is ook aangewys as speler van die wedstryd in die wedstryd teen Merensky Landbou Akademie. Sy kolfwerk het beslis ook nie agterweë gebly nie. Hy het Vrydag die wenlopies met ‘n pragtige 4 behaal teen Hoërskool Upington. Volgens Stumps, die ‘app’ waarop die tellings aangebied word, is hy ook aangewys as beste speler van Gouties se span vir die week. Volgens die MVP telling op Stumps het hy 26ste uit die 200 spelers geëindig vir die toernooi. 

Ruhan was ook Donderdag aand genooi vir nog ‘n Internasionale toer na Nederland in Julie 2025. Met die vorige toer in Desember is hy ook gekies vir die kriekettoer na Indië in April 2025. Dis ‘n baie groot prestasie! 

Benewens al Ruhan se prestasies, moet in ag geneem word dat hy ook die jongste speler (14 jaar) in Hoërskool Goudveld se 1ste krieketspan is. 

Hou hierdie man maar dop. Daar lê ‘n blink krieket toekoms vir hom voor!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://goudveldhs.co.za/

Foto’s verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal