Kovsie Smash Krieket 2026. JF-span gereed vir wedstryde.
Die JF-krieketspan is vol opgewondenheid en gereed om deel te neem aan die Kovsie Smash Kriekettoernooi wat hierdie week plaasvind. Die span sien uit na ’n reeks kragtige wedstryde teen van die land se voorste skole en nooi ondersteuners om saam te kom en die jong talent aan te moedig.
Wedstrydprogram:
Maandag, 6 Januarie:
- 09:00 teen Hoërskool Witteberg, UVS veld 2
- 14: 00 teen Merensky, UVS veld 2
Dinsdag, 7 Januarie:
- 14:00 Transvalia, veld Casa, Grey College
JF spanlede: Niel Wilken, Benco Olivier, Franco de Necker, Cobus Wilken, Jodan Vorster, Ruan Kleyn, André Kleyn, Johan van Dyk, Christiaan Odendaal, Jareth Scott, Jean van Schalkwyk, Neyden Viljoen, Wihan Paulsen, Adriaan Engelbrecht.
Die JF-span sien hierdie toernooi as ’n belangrike geleentheid om hul vaardighede te toets en waardevolle ervaring op te doen. Ondersteuners word aangemoedig om die span te kom aanmoedig en deel te wees van die krieketfees wat BHoërskool Fichardtpark hierdie week aanbied.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










