Kloof Netbalfees.Die tweede dag van die Kloof Netbalfees het weereens nie teleurgestel nie. Die spanne het alles uitgehaal wat die toeskouers beïndruk het.
Hoërskool Sentraal van Bloemfontein het die dag onoorwonne afgesluit. Sentraal beheer die spel, gereelde aanval en fantastiese verdediging het die deurslag gegee.
- Sentraal wen Centurion 30-24 en Hoërskool Waterkloof 19-12
La Rochelle en Framesby het ook hul segetog voortgesit. Hierdie twee skole het teen mekaar gespeel en eindig gelykop met 24 elk. Christelle Greyling van La Rochelle ‘n uitstekende wedstryd gespeel. Haar teenwoordigheid in die span het ‘n groot rol gespeel in die uitslag. Sy is ook aangewys as een van die spelers van die dag.
Uitslae van Sentraal, Saterdag, 29 Maart.
O.19A
- Waterkloof: Wen 19-12
- Oosterlig: Wen 30-9
- Klerksdorp: Wen 18-11
O.17A
- Reddam: Verloor 11-31
- Framesby: Verloor 16-28
- Transvalia: Wen 30-15
- Kemptonpark: Verloor 17-10
O.15A
- Waterkloof: Wen 14-13
- Wesvalia: Verloor 15-13
- La Rochelle: Verloor 22-11
- Helpmekaar: Wen 20-11
O.14A
- Jeugland: Wen 18-6
- Centurion: Wen 27-11
- Potch Volkies: Verloor 11-12
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








