Kiara met haar sertifikaat
Kiara Vosloo, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, het die groot voorreg gehad om die Okavango Vasbyt vir dogters aan te pak en te slaag.
Dit is ‘n unieke prestasie wat bewys dat Kiara oor onuitspreeklike deursettingsvermoë en leierskap beskik aangesien hierdie kamp ‘n fisiese en emosioneel-uitmergelende leierskapskursus is. Fiksheid is noodsaaklik om met al die fisieke aktiwiteite by te hou, maar die geestelike waarde van menswees, dissipline en leierskap is ongelooflik.
Die Vasbyt is nie ‘n oorlewingskursus of ‘n oefenkamp nie, maar ‘n ‘menswordsessie’! Volgens Kiara was dit baie moeilik, maar het dit haar lewe verander.
Die dasse is baie trots op hierdie pragtige prestasie!