Kaapjag Kompetisie. Ivan Matthyser van Hoërskool Robertson het op 5 November aan Kaapjag se Mees-veelsydige-skut-kompetisie deelgeneem. Die kompetisie het in Durbanville plaasgevind.
Meer as honderd skuts het die dag bygewoon en om die gesogte titel meegeding. Skuts moes hul vernuf met handwapens, die haelgeweer en die geweer toon. Sterk kompetisie en winderige toestande het die kompetisie uitdagend gemaak.
Ivan Matthyser het die volgende prestasies behaal:
- Eerste plek – juniors, handwapen – goue medalje
- Eerste plek – juniors, geweer – goue medalje
- Tweede plek – juniors, haelgeweer – silwer medalje
Ivan is as die mees veelsydige juniorskut benoem.
Kaapjag. Ivan Matthyser from Robertson High School took part in Cape Hunt’s Most Versatile-Shooter Competition on 5 November. The competition took place in Durbanville.
More than a hundred shooters attended the day and competed for the coveted title. Shooters had to show their ingenuity with handguns, the shotgun, and the rifle. Strong competition and windy conditions made the competition challenging.
Ivan Matthyser accomplished the following feats:
- First place – juniors, handgun – gold medal
- First place – juniors, rifle – gold medal
- Second place – juniors, shotgun – silver medal
Ivan was also named the most versatile junior shooter.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://hoerskoolrobertson.co.za/
Foto’s verskaf