JKS Nasionale Karate Kampioenskappe – Leerders van Hoërskool Reitz het die naweek aan die JKS Nasionale Karate Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem.
Dit was ‘n naweek van kampioene, karakter én krag, asook ’n ware vertoon van talent en vasberadenheid. Die leerders het nie net medaljes huis toe gebring nie, maar ook bewys dat harde werk en dissipline altyd beloon word.
Medaljewenners:
- Lian du Plessis – Kata Goud
- Abrie le Roux – Kumite Silver
- Coenraad Froneman – Kumite Silver
- Amore Froneman – Kata Brons en Kumite Goud
- Esté le Roux – Kata Brons en Kumite Brons
- Henco de Winnaar – Kata Goud
- Tara-Jade Uitenweerde – Kata Silver en in Kumite Silver
Hierdie prestasies is meer as net medaljes. Dit is ’n viering van deursettingsvermoë, moed en die trots waarmee elke leerder hul skool verteenwoordig.


Hoërskool Reitz se harte klop vandag hard van trots!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








