JF Atletiek Uitnodigingsbyeenkoms – Op Saterdag, 28 Oktober het ongeveer 100 seuns van Grey Kollege Primêr aan die JF atletiek uitnodigingsbyeenkoms deelgeneem. Grey het puik presteer en die atlete het die byeenkoms baie geniet.
Die volgende seuns het nuwe rekords tydens dieJF Atletiek Uitnodigingsbyeenkoms behaal:
- Reuben Smit, seuns 0/13 in die 80m hekkies, sowel as die 100m . Reuben het ook die prys vir die beste senior baanatleet aan die einde van die byeenkoms gewen vir sy puik vertoning in die 80m hekkies vir seuns 0/13.
- Dian Bredenkamp, seuns 0/13 in spiesgooi.
- Tiaan Nel, seuns 0/14 in die 200m, sowel as die 100m hekkies.
- Jaylynn Seclave, seuns 0/14 in die 1500m.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://greycollegeprimary.com
Foto’s voorsien