J30 ITF tennistoernooi. 🎾 Bloemhof-tennisspelers blink uit by internasionale toernooi.
Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, is trots op drie van hul talentvolle tennisspelers wat die afgelope week aan die J30 ITF-tennistoernooi by die Van der Stel-tennisklub deelgeneem het. Hierdie toernooi is deel van die Internasionale Tennisfederasie se jeugreeks en bied jong spelers die geleentheid om hul vaardighede teen internasionale opponente te toets.
- Ella Jonker (gr. 9) Ella het haar eerste internasionale toernooi betree – ’n groot mylpaal vir enige jong speler. Sy het dapper in die enkelspel aangehou, maar is in die eerste rondte deur ’n Italiaanse opponent geklop. In die dubbels het sy tot die rondte van 16 gevorder. Hierdie ervaring gee haar waardevolle blootstelling en bou ’n sterk fondament vir toekomstige deelname.
- Milla Kotze (gr. 11) As die nr. 2 gekeurde speler vir die toernooi het Milla haar talent duidelik gewys. Sy het die kwarteindrondte van die enkelspel gehaal en in die dubbels saam met haar maat tot die finaal deurgedring. Hulle het ’n puik tweede plek behaal – ’n prestasie wat haar posisie as een van die top junior spelers in die land bevestig.
- Milla Kotze (gr. 9) Charlotte het ’n uitmuntende vertoning gelewer en net-net in die kwarteindrondte van die enkelspel uitgeskakel. In die dubbels het sy saam met Jenna Theron van Rhenish egter die titel gewen en is hulle as dubbelskampioene gekroon – ’n ongelooflike prestasie wat Bloemhof se naam hoog hou.
Deursettingsvermoë
👏 Veels geluk, Charlotte, Milla en Ella! Julle harde werk en deursettingsvermoë inspireer nie net julle spanmaats nie, maar ook die hele Bloemhof-gemeenskap. ’n Groot applous ook vir Jenna wat saam met Charlotte die dubbelstitel gewen het.
Die Bloemhof-tennisspan sien met opgewondenheid uit na die tweede J30 ITF-toernooi wat hierdie week in Stellenbosch plaasvind. Ons wens al die spelers sterkte toe – mag julle ervaring en selfvertroue nog verder groei!

🎾 Bloemhof Tennis Players Shine at ITF Tournament
Three Bloemhof High School players competed in the J30 ITF tennis tournament in Stellenbosch last week:
- Ella Jonker (Grade 9) played her first international event, gaining valuable experience despite an early singles and doubles exit.
- Milla Kotze (Grade 11), seeded second, reached the singles quarterfinals as well as finished as doubles runner-up with her partner.
- Charlotte Bouwer (Grade 9) narrowly missed out in the singles quarterfinals but, together with Jenna Theron (Rhenish), also claimed the doubles championship title.
👏 Congratulations to Charlotte, Milla, and Ella – and well done Jenna! Best of luck to all for the second J30 ITF tournament in Stellenbosch this week.

Read more school news here: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.bloemhofschool.co.za/
Photos supplied
Become a Sponsor








