Izaan Hough van Hoërskool Punt, Mosselbaai, wen 2 goud en 3 silwer medaljes in swem
Izaan Hough het die afgelope naweek aan die Freda Barnard swemgala deelgeneem. Die gala is deur die Fish Eagles swemklub gereël as ‘n fondsinsameling en daar was 17 klubs wat tydens hierdie gala kragte gemeet het. Izaan het puik presteer (in die 16 jaar-ouderdomsgroep) deur 2 x goud (50m vryslag en 200m vryslag) en 3 x silwer (50m vlinderslag, 100m vryslag en 200m medley aflos) medaljes te wen. Sy het al haar persoonlike tye verbeter.