Izaan Hough van Hoërskool punt in Mosselbaai, wen 4 goue en 1 silwer medalje in swem-kampioenskap.
Izaan Hough van HSP het die afgelope naweek aan Eden Aquatics se Long Course Championships in Oudtshoorn deelgeneem en in die 16 jaar ouderdomsgroep vir vroue, 4 goue (100m vryslag, 50m rugslag, 50m vryslag en 200m vryslag aflosspan) en 1 silwer medalje (50m vlinderslag) verower. In die 50m vryslag het sy ‘n persoonlike beste tyd behaal.