Die “Ligbron e-learning system” het op Donderdag, 23 November 2017, ‘n toekenning ontvang vanaf die “World Education Congress, Global Awards for excellence in education, leadership & teaching” wat in Mumbai plaasgevind het.
Dit is ‘n groot eer wat Ligbron Akademie vir Tegnologie te beurt geval het. Mnr. Dup van Rensburg (skoolhoof) en mnr. Frans Kalp (Adjunkhoof e-learning) het die funksie gaan bywoon en die toekenning namens die skool ontvang. Ligbron is ‘n trofee en sertifikaat toegeken vir Excellence in e-learning and innovation. Mnr. Frans Kalp was ook die geleentheid gegun om ‘n kort voorlegging van die “Ligbron e-learning system” uit te voer. Hy het onder andere gesels oor “The use of Videoconferencing to improve mathematics and science results in rural schools”. Dit is vir Ligbron ‘n groot eer en voorreg om hierdie toekenning te ontvang.
Die “Ligbron e-learning system” maak ook graag van die geleentheid gebruik om die volgende e-learning vennote in onderrig te bedank vir hulle betrokkenheid by die projek: Mpumalanga Department Education, Anglo American, Trans African Concessions (TRAC), Nashua Highveld, Samancor Chrome, Komatsu, ELB Equipment, Edward Snell & Co, Consol, Izimbiwe Coal, The Hermann Ohlthaver Trust, Sonae Novobord, Anglo Coal, Mondi, Glencore, Umsimbithi, Sasol en Tala Resource Development.