ITF J60 Internasionale Tennistoernooi. Willem de Waal, Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, se nommer 1-tennisspeler, het die naweek in Botswana by die ITF J60 Internasionale Tennistoernooi deelgeneem.
Willem het as die tweede gekeurde die enkelspel- en die dubbelsspeltitel saam met Bogdan Mandic van Grey College verower.
In die enkelspel het Willem die eerste gekeurde Jeffrey Strydom van Australiƫ 6/4 6/3 in die finaal gewen.
Willem het die jaar in 15 ITF-enkelspelwedstryde gespeel en slegs een verloor. In die laaste vyf ITF-toernooie het hy 24 oorwinnings behaal en slegs een wedstryd verloor.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








