ITF J30-tennistoernooi. Willem de Waal, leerder van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, het die tweede agtereenvolgende week uitstekend by die ITF J30-tennistoernooi in Stellenbosch gevaar.
Willem het Dawid Scholtz van Hoër Jongenskool paarl met 6/4 en 6/1 gewen en sodoende sy tweede enkelstitel verower. Hierdie twee spelers het in die dubbelsfinaal kragte saamgesnoer en ook die dubbelstitel gewen.
Xander Pienaar het drie rondtes in die kwalifiserende toernooi en drie rondtes in die hoofloting gewen. Hy het na die semifinaal deurgedring.
Pieter Kotzé het die kwarteindronde gehaal en die derde gekeurde speler geklop. Luke Verwey het die tweede gekeurde speler in die tweede rondte uitgestof. Pieter en Luke het ook albei die kwarteindrondes van die dubbelsafdeling gehaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








