Internasionale Tennisfederasie (ITF). Donna le Roux, sestienjarige leerder van Hoër Meisieskool Oranje, het Vrydag, 15 Deptember, een van haar grootste prestasies op die tennisbaan behaal. Sy het die Internasionale Tennisfederasie (ITF) J100-toernooi se enkelspel- én dubbelspel gewen.
Donna, wat pas 16 jaar oud geword het, het as vierde gekeurde die o.18-eindstryd in Johannesburg met 6-3, 6-2 gewen. Ná dese behoort Donna Maandag, wanneer die nuwe wêreldranglys bekend gestel word, ’n posisie onder die top 250 te beklee.
Donna is ook vanjaar se nasionale o.16-enkels- en dubbelskampioen.
International Tennis Federation (ITF). Donna le Roux, sixteen-year-old learner of Hoër Meisieskool Oranje, achieved one of her biggest achievements on the tennis court on Friday, 15 Deptember. She won the International Tennis Federation (ITF) J100 Tournament singles and doubles.
Donna, who had just turned 16 years old, won the under-18 final in Johannesburg 6-3, 6-2 as fourth-seeded. After all, Donna should occupy a position among the top 250 on Monday, when the new world rankings are launched.
Donna is also this year’s national under-16 singles and doubles champion.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf