Die Poolse groep by Kaappunt
Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, speel dié week gasheer vir twee skole uit Europa. Die leerders van Canisius in Almelo, Nederland, is hier as deel van die uitruilprogram wat al meer as 25 jaar tussen die twee skole bestaan. Terselfdertyd besoek Lote Gimnasium uit Cieszyn, Pole, ook Paul Roos. Die projek het in 2008 begin en dit is die skool se vyfde besoek aan Paul Roos se Duits klasse. Hulle is ook ‘n Pasch skool soos Paul Roos.