Internasionale Deutsch-Olympiade. Elizma Barnard skitter landswyd in Duits!
Hoër Meisieskool Paarl is verheug om aan te kondig dat, ’n Graad 11-leerder, die eerste prys in die verower het – en aangewys is as die beste leerder in Duits Tweede Addisionele Taal in Suid-Afrika!
Wat hierdie prestasie nóg merkwaardiger maak, is dat Elizma die Olimpiade reeds in Graad 10 geskryf het – ’n kompetisie waaraan senior leerders van regoor die land deelneem. Haar uitsonderlike taalvaardigheid, deursettingsvermoë en passie vir Duits het haar bo die beste in die land laat uitstaan.
Met hierdie oorwinning sal Elizma Suid-Afrika verteenwoordig by die Internationale Deutsch-Olympiade (IDO) wat in Julie 2026 in Mannheim, Duitsland plaasvind – ’n wêreldverhoog waar topleerders van regoor die globe byeenkom.
Elizma se prestasie is ’n besondere eer vir haarself, haar familie en die hele Hoër Meisieskool Paarl-gemeenskap. Sy bevestig weereens die hoë akademiese standaard en toewyding waarvoor ons skool bekend staan.
„Erfolg hat drei Buchstaben: TUN.“ (Johann Wolfgang von Goethe)
Ons sê: Bravo, Elizma! Jy maak Hoër Meisieskool Paarl ongelooflik trots. 🎉
Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.paarlgirlshigh.com/
Foto verskaf
Become a Sponsor









