National Science Olympiad. Erin Muller, Gerthyo Ferreira en Erick van Zyl, is graad 11-leerders van Hoërskool Waterkloof. Hulle is op die kortlys vir die moontlike verkiesing om die Suid-Afrikaanse Chemie-span by die 55ste Internasionale Chemie Olimpiade (ICHO) te verteenwoordig. Die 55ste Internasionale Chemie Olimpiade vind van 16 tot 25 Julie 2023 in Zurich, Switserland, plaas.
Die top-leerders wat die hoogste punte (Chemie-afdeling) in die graad 11 Suid-Afrikaanse Fisiese Wetenskap Olimpiade behaal het, is op die kortlys. Nege-en-twintig graad 11-studente van die hele land is op die kortlys. Slegs vier leerders sal vir Chemie gekies word.
Hierdie groep leerders skryf op Dinsdag, 31 Januarie 2023 ‘n eerste keuringstoets by die skool.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf