Interhuis Atletiek. Paul Roos Gymnasium in Stellenbosch het na ‘n afwesigheid van twee jaar weer ‘n Interhuis Atletiek byeenkoms gehou. Die byeenkoms het by die Markötter Sportgronde, Vrydag 21 Januarie, plaasgevind. Die cheerleaders het die seuns heeldag vermaak. Met hierdie top kwaliteit atletiek lyk Paul Roos reg vir die komende atletiek seisoen!
Murray het beide die Geesbeker sowel as die Atletiekbeker verower. Huiskaptein, Sian Maart en sy troepe het met groot glimlagte die trofees vanaf Rektor André van Staden ontvang.
Zak Hickman (O.15) was die Junior Victor Ludorum. Zak het 902 punte vir hamergooi, 767 punte vir gewigstoot en 582 punte vir spiesgooi hehaal. Joshua Acker (O.17) was gekroon met die Senior Victor Ludorum te danke aan sy merkwaardige 934 punte met gewigstoot. Verder het hy 783 punte vir diskusgooi behaal. Joshua was in 2021 tweede op die wêreld-ranglys vir seuns O.16 met ‘n allemintige 19.88m vir gewigstoot. Hy lyk gereed om hierdie jaar as ‘n O.17 aan te hou om medaljes en rekords in te ryg!
Die volgende byeenkoms op die kalender is die Top Seuns byeenkoms op Vrydag 28 Januarie 2022 by HJS Paarl se Brugstraat-velde.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za