Tennis. Drie talentvolle Errie-tennisspelers het op Vrydag en Saterdag 21-22 Januarie aan die Mpumalanga Tennis proewe te Middelburg deelgeneem.
Wianke Cloete, Elizma Swart en Dick Rouillard het die Erries se naam hoog gehou en uitstekend gevaar. Alhoewel Dick nou eers o.14 is, behaal hy ‘n sesde plek in die o.15 ouderdomsgroep. Wianke en Elizma neem albei ook in die o.15 afdeling deel en behaal onderskeidelik ‘n sewende/agste en ‘n negende/tiende plek. Uitspele het ongelukkig nie plaasgevind nie.
Hoërskool Ermelo is trots op hierdie drie Errie-tennisspelers wat hul elk uitstekend van hul taak gekwyt het.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za