Interhuis 2025. Hoërskool Nelspruit se 2025-weergawe van die jaarlikse interhuis het gesorg vir vuurwarm atletiek in snikhete weer. Dit het ongetwyfeld die waarde van ‘n intensiewe oefenkamp gedurende die vakansie, bewys. Uithaler-vertonings was aan die orde van die dag en NHS se atlete het vanuit die staanspoor getoon dat hulle nie sommer die kroon as die Laeveld en Mpumalanga se top-atletiekskool, gaan afstaan nie. Die opwindende afrigtingskliniek aan die Noordkus, was net die doepa wat nodig was om daardie ekstra uit elke atleet wat die toer meegemaak het, te haal.
APE-puntestelsel
Elke vertoning is met die nuwe APE-puntestelsel bepunt, en ‘n verstommende 15 atlete (6 seuns en 9 meisies) kon daarin slaag om prestasies van bo 800 punte te behaal. ‘n Verdere 11 atlete, spog met 770-799 punte. Gegewe die uiters bedompige toestande en vroeë stadium van die seisoen, is hierdie gewis ‘n prestasie om deeglik van kennis te neem!
Victor en Victrix Ludorum
Die volgende atlete is as vanjaar se Victor en Victrix Ludorum in die onderskeie ouderdomsgroepe aangewys is. Dit is ‘n toekenning wat jaarlikse gemaak word aan die seun of meisie wat in sy/haar beste drie items, die meeste punte vir die span versamel het.
Seuns:
- S.14 – W.C. Van Schalkwyk
- S.15 – Wiaan Grobler
- S.16 – Aldo van Jaarsveld
- S.17 – Menzi Shiba
- S.19 – Vaughn van Zyl
Meisies:
- M.14 – Jess Badenhorst
- M.15 – Chenade Botma
- M.16 – Lana Theron
- M.17 – Zoë Cilliers
- M.19 – Michelle Groenewald
Atheners 2025 kampioene
Interhuis is natuurlik ‘n geleentheid wat met groot opgewondenheid gepaard gaan. Die spanne het mekaar deeglik vasgevat, maar uiteindelik was dit die Atheners wat as 2025 se kampioene gekroon is, nadat hulle in beide afdelings (seuns en meisies) te veel skietgoed vir die Spartane en Trojane gehad het. Daar is ook met oorgawe meegeding om die gesogte sang- of geesbeker. Vanjaar is hierdie trofee met groot trots en onder luide toejuiging deur die Trojane omhoog gehou.
Mia du Preez en Zané Nel
Betreffende die aksie op die baan en veld, moet spesiale vermelding van die jong Mia du Preez (m.15) gemaak word. Mia verwerf ‘n spoggerige 901 punte vir haar puik afstand van 13,48m in gewigstoot. Sy wen ook die skyfwerp met ‘n indrukwekkende 35,95m (876) – spogvertonings deur ‘n onder 15- atleet! In die afdeling vir meisies 17, was die ou staatmaker Zané Nel ook op haar stukke: Sy gooi die 1kg-skyf ‘n allemintige 39,14m (888) ver, en wen ook die gewigstoot met ‘n stewige afstand van 13,43m (873). Beide meisies beskik oor die talent en temperament om vanjaar die ‘magiese’ 40m-merk in skyfwerp, te oorskry.
Jordan Pretorius en Owen Ngwenya
Wat die seuns betref, het die vonke beslis in verspring gespat! Jordan Pretorius (s.19) breek deur die 7m-grens (7,08m – 850), terwyl Menzi Shiba (s.17) se 6,93m (886) en Tye Habib se 6,60m (812) ook die toeskouers na hul asems laat snak het. Janco Small (s.17) het met ‘n goeie 6,80m tot die skouspel bygedra, asook Owen Ngwenya se 6,48m (ook s.17) wat hom ook by ‘klub 6m’ laat aansluit het. Welgedaan aan die verspringers en hul afrigters!
Beste individuele prestasies van die dag:
Seuns:
- Menzi Shiba (s.17): verspring – 6,93m (886)
- Jordan Pretorius (s.19): verspring – 7,08m (850)
- Robroy McGregor (s.16): gewigstoot – 14,98m (822)
- Vaughn van Zyl (s.19): skyfwerp – 41,27m (820)
- Tye Habib (s.17): verspring – 6,60m (812)
- Wiaan Gorbler (s.15): skyfwerp – 47,62m (810)
- Vaughn van Zyl (s.19): gewigstoot – 14,72m (807)
- Vian Louw (s.17): gewigstoot – 14,54m (798)
- Menzi Shiba (s.17): 400m hekkies – 55.53 (794)
- Menzi Shiba (s.17): 110m hekkies – 14.86 (790)
- Janco Small (s.17): verspring – 6,80m (790)
- Owen Ngwenya (s.17): verspring – 6,48m (784)
- Dirk-Arnold Joubert (s.17): gewigstoot – 14,12m (780)
- Julian Middel (s.16): 3000m – 9:59.78 (771)
Meisies:
- Mia du Preez (m.15): gewigstoot – 13,48m (901)
- Zané Nel (m.17): skyfwerp – 39,14m (888)
- Mia du Preez (m.15): skyfwerp – 35,95m (876)
- Zané Nel (m.17): gewigstoot – 13,43m (873)
- Zoë Cilliers (m.17): 100m – 12.52 (844)
- Simoné Lourens (m.17): 400m hekkies – 68.06 (834)
- Leney Maree (m.16): 3000m – 11:17.55 (823)
- Zoë Cilliers (m.17): 200m – 26.80 (819)
- Chenade Botma (m.15): 200m – 27.30 (815)
- Chenade Botma (m.15): 100m – 13.03 (813)
- Sheba Sithole (m.19): 3000m – 11:24.24 (806)
- Azelle du Preez (m.19): 400m hekkies – 69.34 (806)
- Michelle Groenewald (m.19): 400m hekkies – 69.41 (805)
- Diané van der Walt (m.16): skyfwerp – 30,22m (799)
- Diané van der Walt (m.16): gewigstoot – 11,22m (795)
- Lana Theron (m.16): 200m – 27.63 (794)
- Lana Theron (m.16): 100m – 13.24 (785)
- Lalla Kemp (m.14): 200m – 28.52 (777)
- Jess Bezuidenhout (m.14): 200m – 28.54 (777)
- Yurika Kraftt (m.19): gewigstoot – 9,42m (773)
Sulke prag-atletiek, is vir seker ‘n heerlike aptytwekker vir Saterdag, 25 Januarie, se jaarlikse tuisbyeenkoms, waar NHS se span deeglik deur die sterre van Affies, Hoërskool Middelburg, Rob Ferreira en Hoërskool Ermelo beproef gaan word. Gewis ‘n geleentheid om nie mis te loop nie!







Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








