Huissport – Natasha Gertenbach en Jaco Grobbelaar het hulle goed van hul taak gekwyt, tydens die huissport van Hoërskool Fichardtpark.
Natasha ontvang die Victrix Ludorum trofeë vir die dogtersatleet. Sy behaal 2449 punte! Sy verdien 793 punte in die 100m, 788 punte in die 200m en 868 punte in die 100m hekkies.
Baie geluk aan Lize Ackerman wat naelskraap 31 punte minder as Natasha op die telbord behaal het.
Jaco Grobbelaar ontvang die Victor Lodorum trofeë met 2348 punte. Jaco verdien 607 punte in gewigstoot, 803 punte in diskus en 938 punte in hamergooi.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien