Huis Nico Malan Swartvlag. Hoër Landbouskool Boland het vanoggend Huis Nico Malan se Swartvlag vir die eerste keer aan die 1ste rugbyspan oorhandig.
Hiermee is daar vandag ‘n nuwe tradisie gebore by Hoër Landbouskool Boland van die Paarl. Volgens die geskiedenis stuur die hys van ‘n swart vlag ‘n boodskap uit na teenstanders. Die boodskap is dat daar gereed gemaak word vir ‘n aanval.
Boland Landbou se Swartvlag sal elke Vrydagoggend gehys word wanneer die skool se spanne die volgende dag ‘n wedstryd speel. Die Swartvlag dien as waarskuwing vir die oposisie dat hul gereed moet maak vir ‘n groot aanslag van die Bolanders! Hierdie naweek speel die skool se rugbyspanne teen Rondebosch Boys’ High School.
Boland Landbou se eerstespan afrigters het die vlag ontvang en die eerstespan kaptein, Jaccus Pretorius, het die vlag gehys.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf