ECHS Hokkie. Primêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein se hokkie-eendjies was die afgelope vakansie baie bedrywig. Oranje se o.13A, o.12A en o.11A hokkiespanne het tydens die vakansie in die ECHS hokkietoernooi deelgeneem.
- o.13A span het ‘n skitterende eerste plek behaal.
- Die o.12A span het ‘n vierde plek behaal.
- Die o.11A span het ‘n tweede plek behaal.
Oranje bedank mevv. Engela Le Roux en Marteli Ross asook mejj. Imelda Hamman en Frances Louw met hulle spanne se uitslae by die ECHS Hokkietoernooi.
Gedurende die afgelope vakansie het van Oranje se eendjies ook deelgeneem aan die Interprovinsiale toernooie van die onderskeie Suid-Vrystaat spanne.
- o.13A span het ‘n vyfde plek behaal.
- o.13B span het ‘n derde plek behaal.
- Die o.12A span het ‘n tweede plek behaal.
- Die o.12B span het ‘n vierde plek behaal.




Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








